Home Page
cover of Genesing in die woud van redding
Genesing in die woud van redding

Genesing in die woud van redding

MarinusMarinus

0 followers

00:00-02:41

Wat is belangriker? Redding of genesing? Marinus pak hierdie onderwerp kortliks uit en bring duidelikheid hier rondom.

Audio hosting, extended storage and much more

AI Mastering

Transcription

Ons het volgende boodskap gehoor rondom die krag van redding. En dit is een kragtige boodskap. En die prediker het dit so mooi verduidelik. Hy het gesê, ja hy het gesê dat Redding moet gesien word as die woud. En alles binnen die woud is sekondêr tot redding. Dinge soos voorsiening, genesing en dies meer. En dit het my laat dink aan enkele skrifte wat in die skrif wat die punt so baie mooi ondersteun het. En ek het gedink aan Jesus toe hy in daardie huis bedien het, en die goeie vriende, hulle vriend wat verlam was by Jesus sou uitbring En hulle kon nie, die plek was te vol. En wat gebeur het, hulle het 'n gat in die dak gemaak en die vriende het die kosbare vriend van hulle voor die voeten van Jesus neergesit. Nou, hulle geloof is merkwaardig. Maar wat vir my getrek het is toe Jesus dit sien, wat was hy eerste woorde? Sy woorde was "gaan en sondig nie meer nie." Jou sonde is jou vergeef. En dit was eintlik die einde van die storie gewees. Die verhaal kon net daar gestop het. En dit is eers toe die Fariseers hom benader het en sê maar wie is die man wat sonde kan vergewe. Het hy gesê, wat is makliker, om sonde te vergeve off om te sê neem jou goed op en loop? Neem jou bed op en loop. Toe sê Hy vir die man "staan op en loop." En die man is so genees. Maar kan jy sien In daardie situasie was redding vir Jesus belangriker. En ek dink aan aan die geleentheid toe Jesus die 72 dissipels uitgestuur het om te gaan bedien. En hulle teruggekom met die wonderlike terugvoering en hulle het gesê: "Die wat siek was is gesond gemaak en die demone is uitgedryf ensovoorts. En wat sê Jesus vir hulle? Moenie juig omdat die demone aan jul onderdanig is nie. Jubel omdat jy naam opgeskryf is in die boek van die lewe. So kan jy sien, die feit dat jou saak met God reg is, die feit dat jy 'n plek in die hemel saam met Hom is belangriker ss enige van die ander dinge. So die uitdaging wat ons vir onsself moet stel natuurlik is, het jy het daar die redding ontvang wat Jesus van gegee het. Het ek ja gesê. En as ons na mense kyk, die manier hoe ons mense benader, voor genesing, voor voorsiening, voor enige een van die dinge Is die belangrike vraag te vra is; het hierdie persoon die redding ontvang van Jesus Christus.

Listen Next

Other Creators